Blogs
Expert advice, heartfelt stories and trusted guidance for every stage of your family's journey.
Find the topics that matter to you
Practical advice, real experiences and valuable information for every stage of your journey.
Featured Story
A story worth taking a moment for.
’n Geboortestorie vol geloof, hoop en wonderwerke
Wat as ’n gewone geboorte begin het, het in ’n oomblik verander in ’n stryd om ’n klein seuntjie se lewe. Elzanne se verhaal neem ons deur vrees, onsekerheid en hartverskeurende oomblikke, maar ook deur geloof, gebed en die onvergeetlike eerste keer wat sy haar seuntjie teen haar bors kon hou. ’n Kragtige getuienis van ’n ma se liefde en God se goedheid, genade en guns. My God is goed!
Latest Articles
Helpful advice, honest stories and inspiration for every stage of motherhood.
’n Geboortestorie vol geloof, hoop en wonderwerke
Wat as ’n gewone geboorte begin het, het in ’n oomblik verander in ’n stryd om ’n klein seuntjie se lewe. Elzanne se verhaal neem ons deur vrees, onsekerheid en hartverskeurende oomblikke, maar ook deur geloof, gebed en die onvergeetlike eerste keer wat sy haar seuntjie teen haar bors kon hou. ’n Kragtige getuienis van ’n ma se liefde en God se goedheid, genade en guns. My God is goed!
#GelukkigeGesin
’n Gelukkige gesin begin by die liefde wat ons elke dag uitleef. Ontdek hoe ’n sterk huwelik, liefdevolle ouerskap en geloof in God ’n veilige fondasie vir ons kinders kan skep. Ons hoef nie perfekte ouers of ’n perfekte gesin te wees nie – ons moet net bereid wees om mekaar lief te hê, saam te groei en God die middelpunt van ons huise te maak.
Die hartseer M-woord…Miskraam
Deur al die jare wat ek met ander se seer werk en deur my eie is – is die een woord vir my een wat elke keer dwars gaan sit. Miskraam. Dis die...
Die Here het jou mooi gemaak
Soms vergeet ons hoe mooi ons werklik is. Ons vergelyk onsself met ander, twyfel aan ons waarde en fokus op dit wat ons graag wil verander. Maar God het elkeen van ons uniek geskep, met ’n doel en ’n besondere waarde. Miskien is dit tyd om weer te onthou: Die Here het jou óók mooi gemaak!
Kinderhuiskind
Ek was net vier jaar oud toe my pa vermoor is en ons kinderhuis toe is. Wat vir baie mense dalk ’n plek van hartseer en eensaamheid verteenwoordig, het vir my ook ’n plek van liefde, veiligheid en kosbare herinneringe geword. Vandag dink ek met dankbaarheid terug aan die huisouers wat my met ope arms ontvang het, en sê dankie aan elke huismamma wat ’n kind met liefde, geduld en omgee help grootword. Moenie aannames maak nie – elke kind het sy eie storie, en liefde kan ’n lewenslange verskil maak.
Ma-wees sal my nie onderkry nie
Daar kom ’n tyd wanneer selfs die sterkste mamma voel sy kan nie meer nie. Tussen die verantwoordelikhede, eindelose lysies en almal se behoeftes vergeet ons soms van die vrou agter die mamma. Hierdie is ’n herinnering dat jy ook mag rus, hulp vra, jou drome nastreef en jouself met dieselfde liefde versorg wat jy so maklik aan almal anders gee.
Mamma is jammer
Soms verloor ons as ma’s ons geduld, verhef ons ons stem en voel ons daarna soos die slegste mammas in die wêreld. Maar ons hoef nie perfekte ma’s te wees nie. Ons mag foute maak, om verskoning vra en weer probeer. Melissa Aucamp deel ’n eerlike, hartroerende herinnering dat môre nog ’n dag is en dat ons altyd weer kan probeer om die mamma te wees wat ons graag wil wees.
My hospitaalsak lysie
Wat moet jy alles in jou hospitaalsak pak voor die groot dag aanbreek? Mia Bester deel haar praktiese hospitaalsak-lysie met noodsaaklike items vir mamma, baba en ’n paar ekstra goedjies wat jou verblyf gemakliker kan maak. Gebruik haar lys as inspirasie en pak met ’n bietjie meer gemoedsrus vir baba se koms!
Net Genade
Dit was ’n doodgewone dag toe Marcelle de Klerk se tweejarige seuntjie in die swembad beland het. Wat daarna gebeur het, het haar met vrees, selfverwyt en talle “wat as”-vrae gelaat. In hierdie eerlike getuienis deel Marcelle hoe haar geloof haar deur die skuldgevoelens gehelp het en haar herinner het aan God se genade, selfs wanneer ons as ouers foute maak.
Skoolmamma oorlewingsgids
Van die in-beheer-mamma tot die een wat net vir die wyn daar is – elke skool het sy eie unieke versameling mammas! Charme Kriel neem ons op ’n humoristiese toer deur die verskillende soorte skoolmammas en herinner ons dat daar plek is vir elkeen. Watter mamma is jy, en het jy al jou eie skoolmamma-tribe gevind?
Wonder Weeks: Baby Development and Fussy Periods | Mammas 24/7
Wondering why your baby suddenly seems clingier, fussier or struggles with sleep? The Wonder Weeks concept suggests that babies go through periods of rapid development that can bring changes in their behaviour. Learn what these developmental leaps mean, when they are thought to occur, and how you can support your little one with patience, comfort and age-appropriate activities.










