Pregnancy & Baby

♡

My Hospitaalsak Lysie

♡

Ek deel graag my hospitaalsak-lysie met julle!

’n Mens moet jou hospitaalsak deeglik pak, want pappa kan nie altyd gou huis toe gaan om iets te gaan haal nie, en ouma kan ook nie noodwendig iets kom aflaai nie. Ek het ook ekstra goedjies vir baba ingepak, omdat ek nie net op die babasakkie wat ’n mens by die hospitaal ontvang, wou staatmaak nie.

Ek het vir ongeveer drie tot vier dae se hospitaalverblyf gepak.

Ekstras

  • Selfoonlaaier
  • Dubbelpuntprop
  • Kamera met ’n ekstra battery en laaier (birth photographers mag nie meer afneem nie)
  • Oorfone
  • Gesertifiseerde afskrifte van ons ID’s
  • Swart pen om vorms in te vul
  • Kontant (in ons geval kon pappa gedurende die dag saam eet, maar dit het R30 per bord kos gekos en ons moes kontant betaal)
  • ’n Paar peuselhappies, soos bottels water en energy bars

Baba se sak

  • 5 stelle klere, elk bestaande uit ’n frokkie, sokkies, babygrow en mussie. Ek het elke volledige uitrusting in ’n ziplock-sakkie gepak. Dit maak dit makliker vir pappa om die regte klere aan te gee en hou alles netjies bymekaar.
  • 5 receiving blankets
  • 1 warm kombers
  • Dummy
  • Teddiebeertjie
  • 1 pakkie doeke
  • Wet wipes
  • Boudsalf
  • Surgical spirits
  • Oorstokkies
  • Watte
  • Changing mat
  • Cleansing lotion
  • Feeding pillow
♡

Moenie die karstoeltjie vergeet nie!

Mamma se sak

  • 3 stelle nagklere met knopies
  • 3 borsvoedings-bra’s
  • Maternity pads
  • Maternity panties
  • Pantoffels
  • Sokkies
  • Kamerjas
  • Haarborsel
  • Toiletware
  • Medikasie (byvoorbeeld ’n asmapompie, vitamiene, ens.)
  • Klere om huis toe te gaan
  • 2 donker waslappe
  • 1 donker handdoek
  • Lip ice
  • Belly band (indien jy een wil gebruik)

En dis dit! Ek hoop my lysie help julle om julle hospitaalsakke met ’n bietjie meer gemoedsrus te pak.

Lekker pak, en sterkte met die groot dag!

Deur Mia Bester