Reeds Gekies
About Us
Reeds Gekies wil mammas toerus en inspireer om met liefde en selfvertroue hul kleingoed op ’n geloofsreis te neem – een klein tree, een kosbare oomblik en een Bybelse waarheid op ’n slag.
Ons is ’n Suid-Afrikaanse Christelike leefstylhandelsmerk met ’n hart vir gesinne en ’n besondere passie om mammas te help om van kleins af ’n sterk geloofsfondament in hulle kinders se lewens te bou.
Ons skep en bied met liefde deurdagte, kreatiewe en kindervriendelike Christelike produkte en hulpmiddels wat dit vir mammas makliker en lekkerder maak om God se Woord deel van die alledaagse lewe te maak.
Van Bybelse waarhede en geloofslesse tot hulpmiddels wat kinders help om hul identiteit in Christus te ontdek – elke produk het ’n groter doel: om klein hartjies van jongs af te leer wie God is, hoe lief Hy hulle het en hoe kosbaar hulle in Sy oë is.
Ons glo dat geloofsvorming nie net in die kerk of Sondagskool plaasvind nie, maar elke dag gebeur – in die klein oomblikke, deur speel, leer, gesels en saam tyd deurbring.
Gallery
What We Offer
Ons bied liefdevolle, kreatiewe Christelike hulpmiddels wat dit maklik en lekker maak om jou kleingoed van God te leer en hul geloof van kleins af te help groei.
Klein handjies, groot geloofsfondamente.
Ons produkte sluit in:
- Christelike decor en plakkate
- Gebedskaarte
- Vrug van die Gees Beloningskaarte / Reward Cards
- Bybel Besigbly-boek / Bible Busy Boek
- Speletjies gebasseer op Bybelse verhale
- Sensoriese spel deur Bybelverhale
- Kinderboek vir kinders tussen die ouderdom van 3-6 jaar oor oneindige liefde
Beskikbaar in Afrikaans en Engels
Get In Touch
Reviews
Write a ReviewThere are no reviews yet.



