My hospitaalsak lysie

Deur Mia Bester

Ek deel my hospitaalsak lysie met julle.

‘n Mens moet baie deeglik pak, want pappas kan nie vinnig huistoe gaan om iets te gaan haal nie en ouma kan nie gou iets saambring nie. Ek het ook meer vir baba gepak, omdat ek nie wil staatmaak op die babasak wat mens ontvang by die hospitaal nie.

Ek het gepak vir 3-4 dae se hospital verblyf.

Ekstras:

– Selfoon charger
– Dubbelpunt prop
– Kamera (met ekstra battery en charger, want birth photographers mag nie meer afneem nie)
– Oorfone
– Gesertifiseerde afskrifte van ons ID’s
– Swart pen vir vorms invul
– Kontant (in ons geval kon die pappa deur die dag saam eet, maar dit het R30 ‘n bord kos gekos en ons moes dit kontant betaal)
– En ‘n paar snacks – bottels water, energy bars ens.

 

Baba se sak:

– 5 Stelle klere wat bestaan uit: frokkie, sokkies, babygrow, mussie. (Ek het elke volledige uitrusting in n ziplock sakkie gepak- maak dit makliker vir pappa om aan te gee en hou alles bymekaar.)
– 5 Receiving blankets
– 1 Warm kombers
– Dummy
– Teddiebeertjie
– 1 Pakkie doeke
Wetwipes
– Boudsalf
Surgical spirits
– Oorstokkies
– Watta
Changing mat
Cleansing lotion
Feeding pillow

*moenie die karstoeltjie vergeet nie!

 Mamma se sak:

– Nagklere met knopies (3 stelle)
– Bras vir borsvoed x3
Maternity pads
Maternity panties
– Pantoffels
– Sokkies
– Kamerjas
– Haarborsel
– Toiletware
– Medikasie (soos asma pompie, vitamines ens.)
– Klere vir huistoe gaan
– 2 Donker waslappe
– ‘n Donker handdoek
Lip ice
Belly band (as jy wil)

En dis dit! Ek hoop dit help julle. Lekker pak en sterkte!