Loading Events

Wanneer jy moeg en oorlaai voel, is dit moeilik om jou lewensdoel raak te sien. Kasteelkop Gasteplaas en Finesse Voelgoed tydskrif span kragte saam in 2020 om spesiale retreats aan te bied vir vroue. Kom ontdek jouself en kry jou woema terug op hierdie pragtige plaas in die Oos-Vrystaat; nie eens twee ure van Johannesburg af nie.

Van Vrydag 6 Maart tot Sondag 8 Maart kan jy in jouself belê. Tydens dié geleentheid sal daar gefokus word op vroue se fisiese en emosionele gesondheid.

Met behulp van die Gallup Strengthfinder toets sal jy jouself beter verstaan en ook ontdek wat jou lewensdoel is, en hoe om dit te bereik. By die prys ingesluit is ook ’n spa-behandeling, en vier sessies met top selfhelp kenners. Jy kan ook heerlik ontspan in die vars buitelug, gaan stap en die stilte indrink.

Sprekers:
Erika Lessing – Gallup Strengthfinder Kenner
Milanie Stadler – Voorkoms -, kleur en stylkonsultant
Dienie Kotze – Entrepreneur & Geestelike spreker & mentor
Ria Esterhuizen: Koskundige

R4950pp wat deel.
R5950 Enkelverblyf.

Kaartjies beskikbaar op iTicket.

Vir paaiement planne kontak Erika:
082 850 0170
kasteelkopguestfarm@gmail.com

#VoelgoedRetreat

Go to Top